Search:
User name:
Password:

New? Register here for free.

 

 

WS Visagie Wynmaker

 

 

*    Profiel

 

Ek is gebore op 29 September 1979 op ‘n plattelandse dorpie met die naam Vredendal en grootgeword op ‘n wingerdplaas wat vandag nog deur my ouers besit word.

Ek het skoolgegaan op Vredendal tot matriek en daarna vir 3 jaar by Elsenburg gaan studeer vir wynmaker.

 

Ek was nog altyd gek oor wingerd en het altyd gedurende vakansies op die plaas vir my pa gehelp. Ek het egter my passie vir wyn ontwikkel toe ek ‘n bietjie ouer was. Ek het eers normale landbou gaan “ swot “, maar toe ek omring word deur al die mooi landgoedere en die fantastiese wyn wat hulle produseer, het ek geweet wat ek wil word…‘n WYNMAKER.

 

Ek het Januarie 2001 begin werk by Villiersdorp Kelder as wynmaker.

In 2001 het ek vir 3 maande in Amerika gaan pars.

In 2002 het ek vir 3 maande in Frankryk gaan pars.

In 2003 het ek vir 3 maande in Duitsland gaan pars.

 

Dit was ongelooflike ervarings en die pars in Frankryk was sekerlik die hoogtepunt in my loopbaan sover.

 

Ek het op 8 Januarie 2007 by Simonsvlei Internasionaal begin werk.

 

In my vrye tyd:

 

-               Speel ek golf

-               Scuba dive

-               Ry motorfiets

-               Probeer kitaar en klavier speel

-               Kuier saam met vriende en familie

 

My strewe is om al die nasionale en internasionale ondervinding wat ek die afgelope 6 jaar opgedoen het, te gebruik om Simonsvlei se wyne op landgoedwyse te produseer, sodat ons topgehalte wyne kan maak wat met węreldklas wyne kan kompeteer.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Simonsvlei International, PO Box 584, Suider-Paarl, 7624, South Africa
Copyright © 1945 - 2008   |   Disclaimer   |   Search   |   Site map   |   Generated by Rapid-Website   |   Developed by Matogen Corporate Web Development