|
Pieter van Straaten is in
beheer van Simonsvlei se kleinhandelstoor, waar sy flinke diens aan ons
kliënte nie ongesiens verbygaan nie. Sy rustige geaardheid verklap niks van
sy mededingende kant op die jukskeibaan nie.
Sedert kindsdae speel Pieter al
jukskei - met onderskeiding! Hy is tans lid van die Oukraal-Jukskeiklub in
die Paarl. Pieter het reeds verskeie provinsies in sy loopbaan by die
Suid-Afrikaanse Jukskei-kampioenskappe verteenwoordig, onder andere Suid-Transvaal,
Suidwes-Transvaal, Suid-Natal en die Boland.
Pieter is in 2007 weer gekies om
Boland by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe te verteenwoordig, waar 22 unies
teen mekaar gaan meeding. Hy is ook ‘n gereelde lid van die Suid-streekspan,
wat gekies word uit die topspelers van die WP, OP, Noordweste, SWD en Boland.
Pieter is voorwaar ‘n uitblinker –
Simonsvlei is trots op sy prestasies!
|