Search:
User name:
Password:

New? Register here for free.

 

 

“PEACE TRAIN TO A WILD WORLD”  - HULDEBLYK AAN CAT STEVENS

 

*   Simonsvlei Paragon Theatre

 

“Peace Train To A Wild World” is ‘n nostalgiese huldeblyk aan Cat Stevens wat nie net as een van die belangrikste figure in die folk-rock genre van musiek beskou word nie, maar ook ‘n gewilde Britse sanger/liedjieskrywer is.

 

Sy debuutalbum, Matthew and Son, en sy eerste enkelsnit van die album, I Love My Dog, het Cat Stevens na roem laat skiet in 1966, maar, in 1968, toe hy slegs 19-jaar oud was, het hy tuberkulose gekry en ‘n rusperiode van die musiekindustrie geneem. Dit was gedurende hierdie tydperk wat hy sy inspirerende liedjies met hul kenmerkende klank geskryf het – liedjies wat vele treffers soos Peace Train, Moonshadow and Wild World gelewer het.

 

Cat Stevens het die verbeelding van miljoene aanhangers met sy passievolle stem en sielroerende liedjies vasgevang. In die dekade van 1967 tot 1977 het hy meer as 40 miljoen albums verkoop. 1977 was egter ‘n draaipunt in sy lewe toe hy die Islamitiese geloof aangeneem het, sy naam verander het na Yusuf Islam en ook sy loopbaan as popsanger vaarwel geroep het – alles na ‘n voorval waarin hy byna dood is..

 

Dit word oor en oor bewys dat Cat Stevens se musiek vandag nog net so gewild is soos in die 60’s en 70’s.  Ronan Keating het ‘n nuwe weergawe van die liedjie Father and Son in 2004 vrygestel, nadat Keating se vorige groep, Boyzone, ook ‘n treffer met hierdie liedjie gehad het sowat ‘n dekade gelede. Onlangs het hy Yusuf Islam oorreed om die liedjie saam met hom op te neem. Dolly Parton het ook die liedjie Peace Train ‘n paar jaar gelede opgeneem nog voordat Yusuf Islam kitaar gespeel het vir haar album, Those Were The Days, in 2005.

 

Cat Stevens se buitengewone bydrae tot humaniteit is vereer in twee eretoekennings wat hy ontvang het: Op 10 November 2004 is hy vereer met die “International Man of Peace” toekenning en op 4 November 2005 het hy ‘n ere-doktoraat vir diens vir opvoeding en humanitęre verligting ontvang.

 

“Peace Train To A Wild World” plaas nie net Cat Stevens se onvergeetlike mooi melodieë en sielvolle lirieke in die kollig nie, maar gee ook ‘n oorsig van die lewe van een van die węreld se grootste folk-rock kunstenaars, van sy geboorte tot sy huidige status as Moslem en filantroop. Die huldeblyk is saamgestel deur liedjieskrywer en multi-talentvolle kunstenaar en sessie-musikant, Werner Carstens op elektriese kitaar, mandolien, agtergrondstem en vertolker. Solo folk-kunstenaar, Craig Stott  wie se vertolking van Cat Stevens se liedjies hom al vele staande ovasies besorg het, is in aksie op die akoestiese kitaar en stem. Ander sessie-musikante wat deel uitmaak van hierdie vertoning is musikante van uitstaande gehalte, Charl Stapelberg, ook musikant vir Da Kazins op baskitaar en Wikus Lourens, wat al saam met bekende kunstenaars soos Beeskraal en Heinz Winckler opgetree het, op dromme en perkussie.

 

“Peace Train To A Wild World” is ‘n suksesverhaal. Toe Werner Carstens sy musikale genialiteit sowat drie jaar gelede bymekaar gesit het en die vertoning in die lewe geroep het, het dit nooit by hom opgekom dat die groep volgepakte teaters sou optree en keer op keer teruggenooi sou word as gevolg van die gewildheid van die vertoning nie.

 

Bo alles het hy nie die grootheid en omvang van Cat Stevens se aanhangers besef nie. In 2005 het die groep opgetree in vele restaurant-  en opelugteaters, soos die skilderagtige Paul Cluver Amfiteater, in en om Kaapstad, selfs so ver as die Barnyard Teater in Plettenbergbaai. In 2006 het vertonings hul geneem na die Mosselbaai Barnyard, Klub Mykonos in Langebaan en ook ander venues en in om Kaapstad, asook by fondswerwingsgeleenthede. Die hoogtepunt was egter toe Werner en Craig genooi is vir ‘n akoestiese vertoning in Oostenryk deur ‘n man wat hulle in Suid-Afrika sien optree het vir sy vrou se verjaardag. Hier het hy ook radio-optredes en ‘n televisieverfilming vir die Oostenrykse media gereël. En selfs in Oostenryk is Cat Stevens se gewildheid van onmeetbaar.

 

Op 26 Mei 2007 tree die groep op by Simonsvlei Wynkelder, om 20:00. Kaartjies beloop R75 pp en kaasborde vir twee sal teen R35 te koop aangebied word. Om te bespreek, bel  Lynette Griessel by (021) 863 – 3040 / 082 418 47 48.

 

Werner Carstens en sy groep nooi jou uit om op te klim op hul  “Peace Train” en om hierdie nostalgiese rit na hul “Wild World” van goue-satuts treffers mee te maak met liedjies soos Oh Very Young, Lady D’Arbanville, Moonshadow, Matthew and Son, Morning Has Broken, Father and Son, The First Cut Is The Deepest, Longer Boats, Hard-headed Woman, Sad Lisa, Another Saturday Night and Can’t Keep It In.

 

 

 

 

 

 

 

 

Simonsvlei International, PO Box 584, Suider-Paarl, 7624, South Africa
Copyright © 1945 - 2008   |   Disclaimer   |   Search   |   Site map   |   Generated by Rapid-Website   |   Developed by Matogen Corporate Web Development